Geodot Boogjag Plaas nou oop vir lokale jagters ook

Post your hunting opportunities here, what facilities & services do you offer ...................( please post all costs/fees )

Moderators: James, Jakkas, Guardian, hawkster, Gerhard, jcdup, timspawn

Geodot Boogjag Plaas nou oop vir lokale jagters ook

Postby Herman van Wyk » Mon May 03, 2010 9:59 am

Herman / 082 955 9893






WILD
PRYS (VROULIK)
PRYS (MANLIK)
PRYS (TROFEE)

Blesbok
R1600.00
R1600.00


Blouwildebees
R2800.00
R4000.00


Eland
R5500.00
N/A


Rooibok
R600.00
R900.00
R1200.00 (22” – 25”)

R1500.00 (25” en groter)

Kudu
R3500.00
R8500.00
R9500.00 (50” en groter)

Nyala
N/A
R13500.00


Gemsbok
R5500.00
R5500.00


Rooihartbeest
R5000.00
R5000.00


Vlakvark
R900.00
R900.00


Waterbok
R4500.00
R9500.00


Buffel
N/A
R120 000.00


Kameelperd
R20 000.00
R20 000.00


Zebra
R6000.00
R6000.00


Swartwitpens
R95 000.00
R95 000.00


Bosbok
R5000.00
R5000.00
R5500.00 (16” en groter)






Verblyf (self-catering)
Prys



Dag Tarief (Jagter)
R250.00



Dag Tarief (Nie-Jagter)
R125.00









- Aankoms is Donderdae vanaf 15:00, en vertrektye is Sondae 10:00.

- Dag tariewe sal slegs op die Vrydag en Saterdag gehef word (minimum van 2 dae).



Die volgende items is ingesluit by die dag tarief:

Lugversorgde chalet met badkamer en suite, jag gidse, koelkamer, slag geriewe en vuurhout.





Terms:

- Alle pryse sluit 14% BTW uit.

- Die pryse kan ter enige tyd verander word sonder waarskuwing.

- 50% Deposito is betaalbaar by bespreking, waarna die res van die bedrag 2 weke voor aankoms betaalbaar is.

- Jag fooie is betaalbaar by vertrektyd.

- Fooie is ten volle betaalbaar op gekweste diere.

- Boogjag vanuit hide.

- Voertuie sal slegs gebruik word om jagters en wild te vervoer.

- Jag na sononder is verbode.

- Wildritte beskikbaar teen R50.00 per rit.





Betalings Besonderhede: ABSA, Netprin 4053246502. E-Pos of Faks asb betalingsbewys.



R.S.A PRYSLYS VIR 2010 SEISOEN


Gaan nou probeer fotos laai
Last edited by Herman van Wyk on Thu Apr 11, 2013 11:39 am, edited 1 time in total.
Theres only one leading bow------ Hoyt the rest are followers hehehheheheheh
Herman van Wyk
Private
Private
 
Posts: 42
Joined: Tue May 13, 2008 3:11 pm
Location: Boksburg

Postby stfnpienaar » Mon May 03, 2010 10:06 am

:shock: Ek sal eers die LOTTO moet wen.... :shock:
Stefan

Hoyt Vectix
Carbon Impact
Rage 2 Broadhead

THE KILLING COMBO!!!
User avatar
stfnpienaar
Corporal
Corporal
 
Posts: 140
Joined: Thu Nov 12, 2009 12:40 pm
Location: Potgietersrus - South Africa

Postby Herman van Wyk » Mon May 03, 2010 10:06 am

Okay dis nie net van fotos laai nie enige hulp sal wardeer word :( :( :oops: [/img]
Theres only one leading bow------ Hoyt the rest are followers hehehheheheheh
Herman van Wyk
Private
Private
 
Posts: 42
Joined: Tue May 13, 2008 3:11 pm
Location: Boksburg

Postby ludwig » Mon May 03, 2010 10:19 am

Herman, verskoon my as ek net jou pryslys weer lys, die keer met BTW ingesluit. Dit gee net bietjie meer deursigtigheid. Vir ons gewone local jagters beteken BTW jy moet dit betaal, so dis beter as dit maar sommer reeds by die prys ingewerk is.


WILD ( 14% BTW ingesluit)
PRYS (VROULIK)
PRYS (MANLIK)
PRYS (TROFEE)

Blesbok
R1824.00
R1824.00


Blouwildebees
R3192.00
R4560.00


Eland
R6270.00
N/A


Rooibok
R684.00
R1026.00
R1368.00 (22” – 25”)

R1710.00 (25” en groter)

Kudu
R3990.00
R9690.00
R10 830.00 (50” en groter)

Nyala
N/A
R15390.00


Gemsbok
R6270.00
R6270.00


Rooihartbeest
R5700.00
R5700.00


Vlakvark
R1026.00
R1026.00


Waterbok
R5130.00
R10 830.00


Buffel
N/A
R136 800.00


Kameelperd
R22 800.00
R22 800.00


Zebra
R6840.00
R6840.00


Swartwitpens
R108 300.00
R108 300.00


Bosbok
R5700.00
R5700.00
R6270.00 (16” en groter)






Verblyf (self-catering)
Prys



Dag Tarief (Jagter)
R285.00



Dag Tarief (Nie-Jagter)
R142.50
"All our knowledge has its origins in our perceptions" ~ Leonardo da Vinci
User avatar
ludwig
Brigadier General
Brigadier General
 
Posts: 3717
Joined: Tue Jul 03, 2007 7:13 am
Location: Centurion

Postby johanj » Mon May 03, 2010 10:23 am

So waar is jou ZAR pryslys? Dit lyk of hierdie sommer net 'n dollar omskakeling is...
Always strive for Quality-of-Life....
Hoyt Alphamax 35 - 70# - 31"DL
Hoyt Alpha Elite - 60# - 30"DL
User avatar
johanj
Captain
Captain
 
Posts: 1624
Joined: Fri Jun 26, 2009 1:19 pm
Location: Paarl, Cape Town

Postby Ruann » Mon May 03, 2010 1:04 pm

Die verblyf is goed, maar daardie bok pryse laat my keel so bietjie toe trek :shock:
Ruann
Private
Private
 
Posts: 20
Joined: Thu Apr 09, 2009 11:06 am

Postby SV MAD » Mon May 03, 2010 1:27 pm

Moet erken, my koffie het so bietjie suur in my keel geword toe ek die pryse sien...

Miskien dalk beter pryse? Vra maar net... :wink:
Hoyt Maxxis 35 Dangerous Game
94# trekkrag, 31' treklengte
Easton FMJ DG pyle 32.5inches 75gr insert, 5 inch feathers
Lots of 100gr BH's and 2 170gr FOC BH's (awesome 3.5inch cuts!!!)
800gr teen 260fps (KE =123flbs)
User avatar
SV MAD
Second Lieutenant
Second Lieutenant
 
Posts: 1250
Joined: Tue Apr 13, 2010 12:05 pm
Location: Midrand

Postby ludwig » Mon May 03, 2010 1:40 pm

Ek het nog altyd gevoel dat boere kan maar hulle manlike en trofee diere se pryse maak. Dis hulle goeie reg. Maar ek kan vir die dood nie verstaan waarom jy jou vroulike en biltong bokke se pryse so buitensporig hoog sal maak nie? Amper R4000 vir 'n koedoe koei? :shock: Hoe gaan jy die plaaslike jagters na jou plaas lok met sulke pryse? Ek vra maar net :?
"All our knowledge has its origins in our perceptions" ~ Leonardo da Vinci
User avatar
ludwig
Brigadier General
Brigadier General
 
Posts: 3717
Joined: Tue Jul 03, 2007 7:13 am
Location: Centurion

Postby Vaughn » Mon May 03, 2010 2:35 pm

Vlakvark
R1026.00
R1026.00 :evil:

Soos hulle in engels se - WTF
"Blessed are the cracked, for they let in the light"
User avatar
Vaughn
Sergeant First Class
Sergeant First Class
 
Posts: 754
Joined: Tue Jan 19, 2010 1:37 pm
Location: Birch Acres, Gauteng

Postby jacovanr » Mon May 03, 2010 2:51 pm

" Geodot Boogjag Plaas nou oop vir lokale jagters ook"

Lyk my hulle is net oop vir lokale jagters ! Niemand het gese dit gaan teen lokale pryse wees nie . . .

Die sad deel is, jy sal altyd 'n paar manne kry wat bereid is om die pryse te betaal - - en sodoende be**nner hulle die mark heeltemal !!!
-------------------------------------

- Bowtech Destroyer 350
- 30" @ 72#
- CX Limb Driver 350
- 100gr Scorpion XP
- 100gr Rage 2-Bladers
- 490gr @ 297fps = 95.9 KE
User avatar
jacovanr
Sergeant
Sergeant
 
Posts: 347
Joined: Mon Jan 26, 2009 1:15 pm
Location: Centurion, Gauteng

Postby ludwig » Mon May 03, 2010 2:58 pm

Ek moet net darm in Herman se verdediging sê dat die plek nie syne is nie, en dat hy net die pryse namens die plaas eienaar opgesit het. Van wat ek kan aflei uit pm's ontvang van Herman was hierdie plaas slegs vir internationale jagters oop en kon hulle die pryse daarvolgens maak. Ek dink nie die bestuur van die plaas het enige benul van wat die plaaslike mark se pryse is nie. So miskien moet ons eerder nie oordeel nie, en liewer positiewe opbouende kommentaar gee vir die mense om hulself "reg" te kry vir die plaaslike mark.
"All our knowledge has its origins in our perceptions" ~ Leonardo da Vinci
User avatar
ludwig
Brigadier General
Brigadier General
 
Posts: 3717
Joined: Tue Jul 03, 2007 7:13 am
Location: Centurion

Postby Herman van Wyk » Mon May 03, 2010 3:59 pm

Die plaas was nog altyd oop vir lokale jag maar jy kon net deur bekende outfitters geboek het(was konsessie plaas vir hulle). Op die einde van die dag kan almal gelukkig self besluit of en waar hulle wil gaan jag wat ek wel nog kan se is dat ek vir die afgelope 3 jaar al daar jag met groot sukses (wens ek kon dit reg kry om fotos te laai) en ons (familie) geniet die plaas verskriklik. Ek het papierwerk ontvang van ludwig(wat ek ook nie kan oop kry nie) wat ek aan die boer sal deurgee sodra ek dit gedownload het net as info vir hom..ek verstaan die kwessie oor die BTW wat almal se maar daar is wel ouens wat i btw faktuur soek van tyd tot tyd en dan die wat nie soek nie
Theres only one leading bow------ Hoyt the rest are followers hehehheheheheh
Herman van Wyk
Private
Private
 
Posts: 42
Joined: Tue May 13, 2008 3:11 pm
Location: Boksburg

Postby ludwig » Mon May 03, 2010 4:21 pm

Herman van Wyk wrote:ek verstaan die kwessie oor die BTW wat almal se maar daar is wel ouens wat i btw faktuur soek van tyd tot tyd en dan die wat nie soek nie


Herman, dit het niks te make of die jagters 'n faktuur soek of nie. Die plaas kan slegs BTW vra as hulle vir BTW geregistreer is, soos ek glo hulle is. Dan moet hulle BTW fakture gee met 'n BTW nommer daarby. Dit maak nogsteeds geen verskil aan die feit dat jy wel BTW gaan moet betaal nie. As die plaas vir BTW geregistreer is, is dit wet om BTW te betaal. Ons gewone jagters wat vir vleis vir ons eie vrieskaste skiet kan nie daardie BTW weer terug eis nie, so dit is net 'n onnodige duur uitgawe wat niks betekenis het nie. En vir daardie rede voel ek dat pryslyste vir die plaaslike mark maar BTW ingesluit kan hê. Ja, 'n boer kan sy pryse maak soos hy wil, ek sien net nie hoe jy met daardie pryse jagters gaan kry nie.

PS: Jy het Office 2007 of 'n converter vir ouer Office weergawes om daai file wat ek jou gestuur het te kan oopmaak.
"All our knowledge has its origins in our perceptions" ~ Leonardo da Vinci
User avatar
ludwig
Brigadier General
Brigadier General
 
Posts: 3717
Joined: Tue Jul 03, 2007 7:13 am
Location: Centurion


Return to Hunting Grounds